Local newsNewsBreaking News

Eenjarige ernstig in fratsongeluk beseer

‘Bid asseblief vir ons klein Jackson’, pleit Heidelberg ouerpaar.

Gebede van oor die land gaan op vir die eenjarige Jackson Fidler van Heidelberg nadat ‘n skuif motorhuisdeur in ‘n fratsongeluk Sondag (20 Oktober) op hom geval het. Die seuntjie het ‘n fraktuur aan die onderkant van sy kopbeen en nekkie opgedoen. Daar is ook breinbloeding en bloedklonte het in sy brein gevorm.

Sy mamma Lauren sê die gebede (ook van mense wat hulle nie ken nie) het hulle deur die trauma gedra. Jackson is steeds in ‘n geïnduseerde koma, en daar is nog effens bloeding op die brein en die swelsel het nog nie heeltemal gesak nie. Lauren sê ‘n CT-skandering het gewys dat daar ‘n massiewe verbetering is en die gesin glo dat dit die vele gebede en ingryping van die Here is.

 

“Mense moet asseblief nie ophou bid nie. Dra ons seuntjie op aan die Here en bid dat die bloeding sal stop, sy longe sterker word en die swelling sal sak,” het Lauren gevra.

 

Jackson is in die Netcare Clinton Hospitaal in Alberton opgeneem. Lauren sê hulle is oneindig dankbaar vir Heidelberg se dokters wat onmiddellik ingegryp het en veral Dr Snyman wat iets kleins (maar uiters belangrik) opgetel het. “As hy dit nie raakgesien het nie, kon dinge baie erger uitgedraai het.

“Ons waardeer elke persoon vir hul liefde en ondersteuning en wil ook die dokters en personeel van die Unie en Clinton hospitale bedank,” het Lauren afgesluit.

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button