CrimeNewsBreaking News

Rowers sluit vrou in huis toe

Getraumatiseerde Heidelberger sit vir ure vasgekeer.

‘n Jong vrou is in haar huurhuis in Rissikstraat toegesluit nadat twee gewapende mans haar beroof het. Die voorval het ongeveer 11:00 vanoggend (9
Oktober) gebeur terwyl sy geslaap het.

Die rowers het elektroniese ware, kos en die vrou se wit Volkswagen Golf (ouerige model) geroof.
Die voertuig se registrasienommer is CAW 96394. Enigiemand met inligting kan Heidelberg Polisiestasie of A/O Wolmarans by 016 341 0343 skakel.

Polisielede hou wag by die huis van ‘n vrou in Rissikstraat wat beroof is en toe in haar huis toegesluit is. Die SAPD het vir ‘n slotmaker gewag om die vrou te bevry.

 

Die vrou was teen 14:00 steeds in die huis toegesluit met verskeie polisie wat met haar deur ‘n sekuriteitshek gesels het terwyl hulle vir ‘n slotmaker gewag het om haar te bevry.
Volgens Kaptein Thsivhilawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD het die vrou nie haar bril opgehad nie en kon sy nie die rowers se gesigte identifiseer nie. Sy kon ook nie uitmaak wat hulle aangehad het nie. Sy het hulle net as kort en tingerig beskryf. Die een rower was met ‘n vuurwapen en die ander met ‘n mes gewapen.

Die polisie kon geen geforseerde toegang vind nie en dit is op dié stadium nie seker hoe hulle toegang tot die huis verkry het nie.

Related Articles

Back to top button