CrimeNewsBreaking News

Bejaardes teiken van rowers

Rensburg-paartjie veg verbete teen gewapendes

Marlene Steyn (64) en haar 71-jarige vriend is omstreeks 12:00 in hul huis in Rensburg deur twee gewapende mans oorval.

 

Die  paartjie was in hul huis in Coen Labuschagnestraat toe die rowers vermoedelik by die agterdeur ingekom het. Die mans het vuurwapens op die paartjie gerig. Marlene sê hul instinktiewe reaksie was om terug te veg. Haar vriend het die mans met ‘n koffietafel bygedam en sy kon daarin slaag om die alarm te aktiveer.

 

Die rowers het hul slagoffers se fone en juwele gegryp en weggehardloop.

 

Hulle word beskryf as jongerige mans van donker gelaat, waarvan een gevlegde hare (deadlocks) het. Hulle het donker baadjies met kappies aangehad, met reflekteer-baadjies onderaan.

 

Heidelberg Polisie vra enigiemand wat die mans gewaar of inligting oor die verdagtes het om Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/72 te skakel.

Related Articles

Back to top button