VLU dames ryk uit na Heidelberg kleuters

Kinders doen naaldwerk as deel van bemagtigingsprojek.

Goeiehoop VLU se dames het op 17 September gehelp om ‘n paar Graad R meisies met naald en gare touwys

te maak.

Dié gebaar vorm deel van die VLU se bemagtigingsprojek waar takke aangemoedig word om vroue te bemagtig.

Ina Rosslee sê die tak het besluit om met die jonger geslag vir hul bemagtiging projek te begin. “Indien ons die klein meisies leer,

is hulle al gesoute naaldwerkers teen die tyd dat hulle volwasse dames word,” het sy gesê.

 

 

Ina, Marie Rosslee, Jackie Prinsloo, Lita Venter en Lené Rosslee het gewapen met vilt, lint, omboorsels, knope, gare en naalde by die Graad R-klas van Bambino’s Kleuterskool ingeloer. Die meisies was geesdriftig en het vinnig geleer om oulike handsakke vir hulself te maak.

“Dit was lekker om die dag saam met die kleingoed te spandeer en ons is beïndruk met hul handwerkvermoë,” het Ina afgesluit.

 

 

Exit mobile version