CrimeNewsBreaking News

Jong boer op Heidelberg plaas beroof

Gewapende mans ontvoer boer ná plundertog.

‘n Jong boer van ‘n Groenfontein plaas is gisteraand (23 September) net ná 19:00 by sy hek oorval, by sy huis inforseer, beroof en daarna ontvoer.
Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilati (woordvoerder) van Heidelberg SAPD het vyf gewapende swart mans in balaklavas die boer by sy hek oorval toe hy van die dorp teruggekeer het. Hy is die huis ingedwing waar hulle op ‘n strooptog gegaan het. Hulle het verskeie items waaronder vuurwapens geroof.
Die boer is in sy eie bakkie gelaai en sowat 5km van sy plaas afgelaai.
Die bakkie met twee vuurwapens is later verlate in Nigel teruggevind.
Enigiemand wat die polisie met inligting oor die verdagtes kan help, word gevra om Heidelberg SAPD by 016 341 0343/61 te skakel of rapporteer aan SAPD se Crime Stop nommer by 08600 10111 of stuur ‘n sms na Crime Line 32211.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button