Local newsNewsBreaking News

Driejarige benodig jou hulp

Jandré van Coller benodig fondse vir oorplanting.

Jandré van Coller (3) moet dringend ‘n beenmurgoorplanting ondergaan.

Hy is in Mei vanjaar met ‘n raar soort leukemie gediagnoseer (wat baie moeilik is om te behandel) en dokters het voorgestel dat hy twee soorte chemoterapie moet ontvang wat eers onlangs in Amerika goedgekeur is. Omdat die behandeling nog nie algemeen bekend is nie, betaal Suid-Afrikaanse mediese fondse nie daarvoor nie. Jandré se dokters voel egter dat dit sy beste kans op oorlewing sal wees.

Wanneer die chemo behandeling voltooi is en Jandré in remissie is, moet hy ‘n beenmurgoorplanting ontvang. Die wonderwerk is dat daar reeds 100 geskikte skenkers op die databank vir Jandré gevind is. Dokters was verstom want hulle het nog nooit so ‘n hoë getal geskikte skenkers vir een persoon gevind nie.

Die gesin moet egter R700 000 vir die behandeling insamel. Hoewel die Van Collers in Boksburg woon, het Heidelbergers van die seuntjie te hore gekom en besluit om ‘n gholfdag onder aanvoering van Mandie Strydom op 4 September te hou om fondse vir die gesin in te samel.

Die organiseerders en gesin bedank alle inwoners, spelers en besighede wat tot die sukses van die fondsinsameling bygedra het.

Indien jy ‘n bydrae wil maak om Jandré te help, kan Mandie by 083 735 8208 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button