Local newsNewsBreaking News

Weermag staan verstom oor gestremdes se vermoë

Blinde sê hy is 'n normale persoon.

Weermaglede van die Suid-Afrikaanse Leërgimnasium in Heidelberg sê hulle verstaan nou dat gestremde persone dalk meer normaal as gewone mense is nadat lede van Masincedane Helpmekaar Sentrum op 6 September by die basis gaan kuier het.

Die kuier was deel van Loslit Dag.

Christine Kruger (stigter) van Masincedane sê hulle wou die weermaglede bewus maak van die daaglikse uitdagings waarmee gestremde persone oor die weg moet kom. Die weermaglede is geblinddoek  en moes ervaar hoe ‘n blinde persoon oor die weg moet kom. Ander moes weer in rolstoele (met hul bene vasgebind) sien kom klaar.

Die oggend is afgeskop met voorlesing en gebed en Christine sê die Heilige Gees was werklikwaar tydens verrigtinge aan die werk in ieder en elk wat in die saal teenwoordig was. “Mense is ongelooflik aangeraak deur wat op daardie verhoog gebeur het,” het sy vertel.

 

Die blinde Neels Pruis het aan die weermaglede gesê dat hoewel hy blind is, hy ‘n normale persoon net soos een van hulle is.

Selfs Kolonel Felicia Maganwe (bevelvoerder) van die SA Leërgimnasium is geblinddoek en is deur lede van Masincedane oor die verhoog gelei. Sy was verstom oor hoe ‘n gestremde persoon op ander mense moet vertrou. Sy het R5 000 aan die sentrum oorhandig en gesê dat dit net ‘n druppel in die emmer is, maar dat elke druppel die see volmaak.

 

“Na wat alles hier gebeur het, verstaan ek vandag vir die eerste maal in my lewe dat ek abnormaal. Vandag het ek gesien dat persone met gestremdhede eintlik die normale mense in ons smelewing is,” het Kolonel Maganwe afgesluit.

 

Related Articles

Back to top button