Rowers slaan weer toe in Heidelberg

Wonings in kriminele se visier.

Rowers het vandag (10 September) omstreeks 13:00 op ‘n huis in Jordaanstraat toegeslaan. Volgens die huishulp het drie mans in ‘n GMW bakkie haar genader en gemaak of hulle met die eienaar van die huis oor die foon praat. Hulle moes glo ‘n lugverkoeler herstel. Sy het die hek oopgemaak en hulle in die huis ingelaat.

In die huis het hulle haar met messe gedreig en met kabelbinders vasgebind waarna hulle verskeie elektroniese toerusting geroof het.

Heidelberg Polisie vra dat enigiemand met inligting of die verdagte voertuig gewaar het, na vore moet kom. Skakel Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/0372 indien jy met inligting kan help.

Die huis in Jordaanstraat waar gewapende rowers toegeslaan het, se ingang is afgesper.
Exit mobile version