Nuwe truie vir Nigel rugbykampioene

Nigel Rugbyklub se eerstespan het op 2 Augustus splinternuwe truie vir hul stryd teen Sasolburg in die Merlin-liga finale.

Nigel Rugbyklub se eerstespan het op 2 Augustus splinternuwe truie vir hul stryd teen Sasolburg in die Merlin-liga finale waar hulle die beker huis toe gebring het, ontvang.

 
Danksy hul borge Genpro Hydraulics, JR Lubricants, Auto City Group, KIA Nigel, Nissan Nigel, Kruger & Okes en JR Mackays het dié eerstespan hul rooi en blou truie met trots gedra en die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit. Spelers is ook met nuwe sakke en kopmusse uitgerus.

 

 

Trotse borge: (agter) Jaco van Rensburg (JR Lubricants), Freddie Fourie Jnr (Genpro Hydraulics), Francois Hayes (Auto City Group), Morné Roos (Auto City Group), Evert Jacobs (JR Mackays) en Freddie Fourie Sr (Genpro Hydraulics). Voor is Schalk O’Callaghan (vise-kaptein), Hansie van Wyk (afrigter) en Pierre van der Walt (spankaptein).

 
Die spelers en afrigters het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul voorsitter Louis Bezuidenhout wat die afgelope 11 jaar dié amp beklee, vir sy toewyding tot die klub te bedank. Hansie van Wyk (hoofafrigter) het op 3 Augustus sy 152ste wedstryd as afrigter van die eerstespan gevier.

 
Anita Celliers is ook vir haar harde werk as sekretaresse,
Lees in more (7 Augustus) meer oor Nigel Rubyklub se laaste wedstryd van die seisoen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version