Local newsNews

Nuwe komitee vir DBV

Heidelberg se diere in goeie hande

Lede van Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n nuwe komitee tydens hul algemene jaarvergadering verkies.

 
Tydens die vergadering wat op 20 Julie gehou is, is die volgende lede tot die nuwe komitee verkies: Donna Gertenbach (tesourier), Pauline Scholtz (ontvangsdame), Jackie Frank (komiteelid), Sandie Loots (vise-voorsitter), Frans Rokebrand (komiteelid), Sue van der Merwe (voorsitter), Comfort Mphahlele (inspekteur), Elrida Cronje (komiteelid), Petro Coetsee (sekretaris), Zanie le Grange (komiteelid) en Karen Nel (komiteelid).

 
Volgens Sue van der Merwe (voorsitter) bly die DBV se eerste prioriteit om mishandeling teenoor alle diere te bekamp. Die nie-versorging van diere is die mees algemene vorm van dieremishandeling (geen kos, water, skuiling asook mediese behandeling). Sterilisasie van alle troeteldiere kan baie probleme voorkom. Sy het ook die inwoners van Heidelberg asook HERAUT vir hul ondersteuning bedank. Mphalele (inspekteur) het tydens die vergadering ‘n verslag oor die mishandeling teenoor diere gelewer.

 

Volgens Mphahlele is Ratanda die area waar die meeste dieregeweld en verwaarlosing voorkom.

 

“Tussen die tydperk van Oktober 2018 tot Julie het Heidelberg DBV ‘n totaal van 133 dieremishandeling klagtes ontvang vanaf die publiek,” het hy gesê.

 

Uit die 133 gevalle het die DBV 20 diere verwyder. “As gevolg van ons beperkte fondse kon ons net bekostig om 20 honde uit slegte omstandighede weg te neem,” het inspekteur Mphahlele gesê. Hy het ook gesê dat gevalle waar mense verhuis en hul diere agterlaat, ‘n groot probleem skep.

 
Heidelberg DBV nooi die gemeenskap uit om as lid aan te sluit vir slegs R50 per jaar en om enige vorm van dieremishandeling te rapporteer by 016 342 4114. Koop ook boeke by Heidelberg DBV se R10 boekwinkel by Retiefstraat 1. Heidelberg DBV is Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 15:00 en vanaf 09:00 tot 12:00 op Saterdae oop.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button