Local newsNews

Toyota eienaars gewaarsku

Diefstal in Heidelberg kommerwekkend

Nadat drie Toyota viertrekvoertuie vandeesmaand in Heidelberg gesteel is, het Heidelberg SAPD ‘n beroep op eienaars van Toyotas gedoen om ekstra versigtig te wees wanneer hulle hul voertuie parkeer.

Dié waarskuwing kom nadat twee voertuie in Heidelberg Mall se parkeerarea (Ingang 2 en 5) helder oordag gesteel is. Nog ‘n Toyota bakkie is vroeër in die maand by Hoër Volkskool tydens ‘n sportbyeenkoms gesteel.

Verdagte persone en/of voertuie moet so vinnig as moontlik aangemeld word. Die polisie se sektor patrollievoertuie het selfone in hul voertuie en kan vinnig reageer.

Hier is die nommers:

 

SEKTOR 1

Overkruin, Leërgimnasium, Heidelberg Kloof, Bergsig, Spaarwater, Rooikraal, Eendracht, Blinkpoort, Groenfontein, Poortje, Suikerbosrand Natuurreservaat, Koppieskraal en Klippoortje.

Patrollievoertuig: 071 675 7396. Bevelvoerder: Sersant Vusumuzi Zondo: 082 822 8329.

 

SEKTOR 2

Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Shalimar Ridge, Boschfontein, Schikfontein, Klipstapel en Mount Arabel.

Patrollievoertuig: 071 675 7295 of 071 675 7292. Bevelvoerder: A/O Wollie Wolmarans: 082 822 8367.

 

SEKTOR 3

Rensburg, Houtpoort, Lagerspoort, Steynskraal, De Hoek, Modderfontein en Bothaskraal.

Patrollievoertuig: 071 675 7296 of 071 675 7294. Bevelvoerder: A/O Frank Mnqosini: 082 856 0968.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button