Heidelberg pizza afleweringsman sterf in tref-en-trap

Olielek verklap ligging van voertuig.

‘n 22-Jarige afleweringsman van Debonairs Pizza in Heidelberg Mall het gisteraand omstreeks 20:30 gesterf terwyl hy besig was met ‘n aflewering.

 

‘n Blou voertuig het hom by die verkeerslig op die R42 (Heidelberg/Nigel pad) by die N3 Jacobstraat oprit getref en weggejaag.

 

Emer-G-Med was die eerste nooddiens op die toneel en het die jong man dood verklaar.
Manne van Autotech het die voertuig se oliestreep tot in Bergsig gevolg waar Heidelberg GPF patrolleerders met die soektog gehelp het.

 

Manne van Autotech het die voertuig se oliestreep tot in Bergsig gevolg waar Heidelberg GPF patrolleerders met die soektog gehelp het.

 

Die manne het vir ure gesoek tot hul die voertuig opgespoor en die polisie ontbied het. Die voertuig is geïdentifiseer aan die stukke parte wat op die toneel agtergelaat is.
Die identiteit van die bestuurder is aan Heidelberg polisie bekend, maar is nog nie opgespoor nie.

Exit mobile version