Local newsNews

Stropers werk oortyd om gehalte te bepaal

So ‘n insamelings is op 11 Julie tydens ‘n proewe stroopdag aangebied en verskeie boere van Bloekomspruit, Heidelberg, Balfour, Grootvlei en omgewing het die dag bygewoon.

Bloekomspruit Boerevereniging sien om na lede en maak dit ‘n prioriteit om boere veilig te hou. Die organisasie hou gereeld fondsinsamelings om boere met veiligheidtoerusting behulpsaam te wees.

 
So ‘n insamelings is op 11 Julie tydens ‘n proewe stroopdag aangebied en verskeie boere van Bloekomspruit, Heidelberg, Balfour, Grootvlei en omgewing het die dag bygewoon.

 
Volgens Faan Botha (voorsitter) gaan fondse wat uit die dag gemaak word vir die beveiliging van Bloekomspruit se boere.

 

“Boere leef vandag in gevaarlike toestande en ons het met dié fondsinsameling koeëlvaste baadjies vir ons lede gekoop,” het Botha gesê.

 
Die boerevereniging is tans besig met ‘n projek om veiligheidskameras op strategiese plekke op plase te installeer sodat diefstal en aanvalle verhoed kan word.

 
Tydens die proewe stroopdag word mieliesaad wat deur groot saadmaatskappye verskaf is en in een land geplant is, gestroop. Top saad van Pioneer, Pannar, K2 en Dekalb is tydens planttyd aangeplant, waarna die opbrengs op stroopdag vergelyk word om die beste gehalte te bepaal. Afgri Grootvlei en Trekland Balfour was uitstallers op die dag en boere kon die nuutste boerdery toerusting besigtig.

 
‘n Deel van die opbrengs gaan aan TLU SA se fondse wat gebruik word om nasionalisering van plase te beveg. Vir meer inligting oor Bloekomspruit Boerevereniging kan Botha by 079 820 8611 geskakel word.

 

Hier is nog fotos:

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button