Local newsNews

Planne verloop vlot vir Jail or Bail

Verskeie inwoners het ‘dagvaardigings’ ontvang om as verdagtes in die Jail or Bail fondsinsamelingsprojek van Lesedi Community Centre aan te meld.

Dit is die tweede jaar dat dié projek aangebied word en verlede jaar is nagenoeg R100 000 ingesamel. Vanjaar word die fondsinsameling vir 16 Augustus beplan en dit sal weer by die Ou Tronk in Jordaanstraat gehou word.

 
Organiseerders Jaco Kritzinger en Lezanne Scholly Hattingh sê hulle het baie uit verlede jaar se funksie geleer en nuwe planne beloof weer volop pret en plesier. ‘Tronkvoëls’ sowel as toeskouers kan hulle klaarmaak dat die lagspiere behoorlik geprikkel gaan word.

 
Evert Pistorius (Old Bill) van MOTHs Suikerbosrand Shellhole en bekende gesig by die Ou Tronk gaan sy beroemde potjiekos te koop aanbied. Evert gaan ook as seremoniemeester sowel as platejoggie vir die dag optree.

 

 

Verlede jaar tydens die Jail or Bail fondsinsameling was Ds Bennie de Klerk een van die ‘verdagtes’ wat voor die ‘hof’ moes verskyn. Evert Pistorius wat as ‘hofordonans’ opgetree het, maak seker dat dinge ordelik verloop. Evert gaan vanjaar sy beroemde potjiekos maak en gaan ook vir die musiek sorg.

 

Daar sal ook drinkgoed te koop wees en die kinders kan uitsien na vermaak wat spesiaal vir hulle gereël word.

 
Die ‘aangeklaagdes’ word deur Heidelberg SAPD by verskillende punte in verskillende tydgleuwe in hegtenis geneem en geboei agter in ‘n vangwa gelaai, waarna hulle na die Ou Tronk vervoer word.

 

Hier moet hulle ‘n paar minute agter tralies spandeer waarna hulle voor ‘Regter’ Corrie Human en ‘klerk van die hof’ Lezanne Scholly Hattingh verskyn. ‘n Gepaste ‘borg’ bedrag word vasgestel, waarna die ‘verdagte’ vrygelaat word. Kaartfasiliteite vir hierdie doel sal beskikbaar wees.

 
Vanjaar gaan daar ‘n fotohokkie beskikbaar wees waar foto’s (deur ‘n professionele fotograaf) teen R25 (waarvan R5) geneem kan word.

 
Indien jy meer oor Jail or Bail wil uitvind, skakel Lezanne by 084 854 1897 of Jaco by 072 575 0081 of stuur ‘n e-pos na jailorbail@heidelberglcc.ngo

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button