Local newsNews

Heidelberg rugbybulle baklei vir plek in semi-finaal

Heidelberg se eerstespan slaag daarin om op hul teenstanders se vyftreelyn nog ‘n strafskop te kry en Marius Halgryn het daarin geslaag om Heidelberg se enigste drie te druk.

Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het op 13 Julie teen die span van Elsburg op Hoërskool JW Luckhoff se sportgronde te staan gekom. Heidelberg het vroeg in die wedstryd reeds punte met ‘n strafskop aangeteken.

 
Elsburg het kort hierna met ‘n drie onder die pale geantwoord. ‘n Strafskop is weer deur die pale vir Heidelberg gejaag maar Elsburg het met nog ‘n drie terugbaklei. Heidelberg se voorspelers het hulself in die losgemaal bewys en ‘n derde strafskop tussen die pale deurgesit.

 
Heidelberg se eerstespan slaag daarin om op hul teenstanders se vyftreelyn nog ‘n strafskop te kry en Marius Halgryn het daarin geslaag om Heidelberg se enigste drie te druk. Na afloop van die wedstryd was die telling 17-14 in Elsburg se guns.
Heidelberg se eerstespan lê tans vierde op die punteleer in die Kestrel Liga met slegs twee wedstryde in die seisoen oor. Hul volgende wedstryd is op 20 Julie teen Delmas Rugbyklub se eerstespan op Delmas se velde.

 
Heidelberg Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00 te Hoërskool JW Luckhoff se sportgronde. Vir navrae kan Sean Greyling (afrigter) by 083 611 2581 geskakel word.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button