Vrystaat-plaasmoorde: Sal LUR nou optree?

Indien proaktiewe polisiëring in die distrik plaasgevind het, sou beide moorde moontlik voorkom kon word.

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, amptelik versoek om die vestiging van ‘n landelike beveiligingseenheid in die Vrystaat met die minister van polisie, Bheki Cele te bespreek.

 

Cele het verlede week in sy begroting in die nasionale vergadering aangedui hy wil misdaad bekamp deur intelligensie en spesialisgedrewe polisiëring.

 

Die VF Plus se versoek volg op die moord op die egpaar van Boshof, Sakkie en Ina van der Berg, wat die afgelope naweek op hul plaas vermoor is. Mediaberigte dui daarop dat die aanvallers moontlik betrek kan word by die moord op Basil en Monica Daniacos van Dealesville in Mei vanjaar.

 

Indien proaktiewe polisiëring in die distrik plaasgevind het, sou beide moorde moontlik voorkom kon word.

 

Die VF Plus ag spesialiseenhede as een manier om plaasaanvalle te bekamp en onveilige toestande in landelike gebiede aan te spreek.

 

Die LUR en minister kan nie voortgaan om plaasaanvalle te ignoreer nie. Meer as sestig plaasmoorde en 217 plaasaanvalle in Suid-Afrika sedert die begin van 2019 dien as bewys dat plase geteiken word.

 

Die LUR het nou die geleentheid om die veiligheid van boere, plaaswerkers en mense in landelike gebiede te verseker deur die minister te versoek om gespesialiseerde en intelligensiegedrewe polisiëring te vestig deur hulpbronne daarvoor in die Vrystaat beskikbaar te stel.

 

Beide die minister en LUR het ‘n grondwetlike verantwoordelikheid om die veiligheid van mense in landelike gebiede te verseker. Die VF Plus sal die saak opvolg om te kyk of die LUR aan dié versoek gehoor gegee het.

 

 

Kontaknommer: 076 629 6219

 

Volg ons op:
Exit mobile version