Local newsNews

Taalliefhebbers will Voortrekkermonument besoek

ATKV-tak Heidelberg beoog om die Erfenissentrum by die Voortrekkermonument eersdaags te besoek.

Die Vlam vir Afrikaans is op 8 Mei 2016 deur Mimi Coertse aangesteek ter herdenking van Afrikaans wat op 8 Mei 1925 as amptelike taal erken is.

 
Sedert 2016 kan die Fakkel (met talle groeteboodskappe vir Afrikaans van kultuurorganisasies, naskoolse opvoedkundige inrigtings en skole) by die Voortrekkermonument besigtig word.

 
Francois FĆ¼rstenburg (voorsitter) van ATKV Heidelberg sĆŖ inwoners kan gerus ā€˜n punt daarvan maak om die Erfenissentrum by die monument te besoek. Daar is ook ā€˜n gedenkplaat wat deur Magdaleen Kruger van RSG onthul is om die eerste radio uitsending in Afrikaans te gedenk asook ā€˜n gedenkplaat wat deur Heinrich Marnitz onthul is wat die eerste televisie uitsending in Afrikaans gedenk.

 
Die datum waarop die Heidelberg-tak na die Voortrekkermonument sal gaan, sal op ā€˜n later stadium bekendgemaak word. Heidelbergers word genooi om die tak na diĆ© erfenisskat te vergesel.

 
Die tak beoog ook om in September die Johannesburgse planetarium by die Braamfontein kampus van die Universiteit van die Witwatersrand te besoek en die hemelruim van nader te besigtig. Heidelbergers kan ook diƩ uitstappie meemaak. Datums vir beide uitstappies sal later bekendgemaak word.

 
Vir meer besonderhede oor ATKV Heidelberg, kan Francois by 083 227 1522 geskakel word.

 

 

ATKV Heidelberg se voorsitter Francois FĆ¼rstenburg sĆŖ die Voortrekkermonument bied vele interessanthede waarvan min mense bewus is en hy nooi inwoners om dit later vanjaar saam met die tak te besoek.

 

Follow us on:

Related Articles

Back to top button