Local newsNews

Gladd gelukkig met gradering

Mev Christa Gladd van Laerskool AG Visser het die afgelope skoolvakansie haar nasionale gradering as skeidsregter van Netbal Suid-Afrika geslaag.

Mev Christa Gladd van Laerskool AG Visser het die afgelope skoolvakansie haar nasionale gradering as skeidsregter van Netbal Suid-Afrika geslaag.

 
Boonop is sy ook as een van die organisasie se geakkrediteerde skeidsregter kursusaanbieders goedgekeur.

 
Me Gladd het dié besondere prestasie tydens die Suid-Afrikaanse o/19 netbaltoernooi in Kuilsrivier, Kaapstad behaal waar sy as skeidsregter opgetree het. Elke skeidsregter moes twee wedstryde per dag hanteer.

 
Sy sê dit was nie maklik nie want die gradering is deur ‘n paneel van drie tot vyf beoordelaars gedoen wat elke beweging en beslissing van skeidsregters dophou en beoordeel.

 
Na afloop van elke wedstryd het die paneel oor skeidsregters se goeie en swak punte terugvoer gegee. Me Gladd het haar gradering tydens ‘n galageleentheid op 28 Junie ontvang.

 

“As klein dogtertjie het ek altyd daarvan gedroom om eendag as skeidsregter van ‘groot’ netbalspanne te kan optree. My droom is uiteindelik bewaarheid, hoewel dit nie ‘n maklike pad was nie,” het Me Gladd gesê.

 

Follow us on:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button