Strydom in die kol

28 Lede het aan dié dag (die meesters is ‘n besonder moeilike kompetisie) deelgeneem.

Gerhard Strydom van Heidelberg was die wenner van die Mildots veldteiken skietklub se meesters klubskietdag wat op 29 Junie aangebied is.

 
28 Lede het aan dié dag (die meesters is ‘n besonder moeilike kompetisie) deelgeneem. Gerhard het met 61 punte uit 70 gewen met sy naaste teenstanders wat op 59 geëndig het. Mark Fairon en Magiel Basson het albei op 59 geëindig en het tweedeplek gedeel.

 

Lede van Mildots veldteiken skietklub het Saterdag aan ‘n meesters klubskietdag deelgeneem. Hier is van die deelnemers besig om hul visier voor die aanvang van die kompetisie in te stel.

 
Die meesters kompetisie word een maal ‘n jaar aangebied.

 

Lede van Mildots veldteiken skietklub het Saterdag aan ‘n meesters klubskietdag deelgeneem. Hier is van die deelnemers besig om hul visier voor die aanvang van die kompetisie in te stel.

 
Mildots se volgende kompetisie in Heidelberg sal in Oktober plaasvind. Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Lynn Strydom by 060 550 6447 skakel.

 

Volg ons op:
Exit mobile version