Local newsNews

Bonsai meester deel sy beste wenke

Hannes Fritz (bonsai meester) het ‘n insiggewende praatjie oor Celtis bome op 22 Junie gelewer. Fritz het vertel dat Celtis bome oorspronklik van Japan is en dat hulle baie stadig groei.

Sowat 20 lede van die Suikerbos Bonsai Kai het hul maandelikse vergadering op die Fritze se plaas bygewoon waar die primêre fokus op die snoei van Celtis bome was.

 
Hannes Fritz (bonsai meester) het ‘n insiggewende praatjie oor Celtis bome op 22 Junie gelewer. Fritz het vertel dat Celtis bome oorspronklik van Japan is en dat hulle baie stadig groei.

 

“Hierdie bome is die mooiste tydens winter, want in somer steek die blare die stam weg en dit is die mees indrukwekkende eienskap van die boom,” het Fritz vertel.

 
Hy het ook oor die verskillende vorms wat jy jou bonsai kan snoei, uitgebrei.

 

“Daar is byvoorbeeld die ‘besem’ vorm. Die vorm lyk natuurlik en dit is maklik om jou bonsai in die vorm te snoei,” het hy verduidelik.

 

Al wat jy hoef te doen is om die boonste deel van jou boom af te snoei (reg onder die eerste tak wat uit die stam groei) en dan los jy die boom om weer takke te vorm. Sodra die takke lank is, snoei jy dit weer af totdat dit in die vorm van ‘n sambreel groei.

 

“Snoei en groei. Dis so eenvoudig soos dit,” het Fritz gesê.

 
Fritz het ook foto’s van die heel eerste bome wat hy gevorm het vir lede gewys en verduidelik hoe hy na hulle oor die jare gekyk het. “Daar is bome wat ek vir meer as 28 jaar lank in my besit het. As jy na jou bonsai omsien, sal dit vir dekades lewe,” het hy afgesluit.

 

Omtrent 20 lede van Suikerbos Bonsai Kai het die vergadering wat op die Fritze se plaas gehou was, bygewoon. Die primêre fokus was op Celtis bome.

 
Suikerbos Bonsai Kai se volgende vergadering vind op 27 Julie om 12:00 to 15:00 plaas waar die snoei van Acacia bome die onderwerp is. Belangstellendes kan vir Stefann Pretorius (voorsitter) by 084 924 3820 skakel.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button