Local newsNews

Kanaries beïndruk beoordelaas

Voëltjies van nie-eenderse vere het op 21 en 22 Junie die saal van die NG Kerk in Rensburg met hul melodieuse getjirp gevul.

HEIDELBERG – Voëltjies van nie-eenderse vere het op 21 en 22 Junie die saal van die NG Kerk in Rensburg met hul melodieuse getjirp gevul. Dit was die Suikerbos Vaal Kanarieklub se jaarlikse kanarieskou.

 

Die Suikerbos- en Vaal Kanarieklub het vanjaar saamgesmelt en honderde kanaries kon tydens die skou besigtig word. Die voëltjies word in verskillende afdelings beoordeel. Daar is die Rollertjie-afdeling (waar kanaries vir hul sang geteel word) en dan word inskrywings ook volgens bou, kleur, veertjies, kondisie, konformasie en grootte beoordeel.

 

Frankie van Heerden het die trofee vir die beste voëltjie op die skou verower. Hier is hy saam met Willie Kriege (president) en Chris van der Linde (voorsitter) van die Suikerbos Vaal Kanarieklub.

 

Frankie van Heerden het die groot trofee vir die ‘beste voëltjie op skou’ gewen. Sy Gloster kanarie, Open Gloster kanarie en Breeder Rung Gloster kanarie het eersteplekke verower.

 

Kanarietelers wat aan die Suikerbos Vaal Kanarieklub se skou deelgeneem het en eersteplekke verower het, is (agter): Johan Beukes, Eugene Fourie, Chris van der Linde, Martie Wiese, Patrick Minnie en Frankie van Heerden. Voor is Alet Pedro en Frikkie Bothma.

 

Frikkie Bothma van Heidelberg se kanaries het besonder goed gevaar. Hy het nege eersteplekke, vier tweedeplekke en twee derdeplekke verower. Die afdelings wat hy gewen het, is Fiorino Frill, Breeders Rung Fiorino Frill, Lizard, Open Lizard, North Dutch Frill, Breeders Rung North Dutch Frill, Yorskhire, Open Yorkshire en Breeders Rung Yorkshire.

 

André Meere van Heidelberg se Buff Yorkshire kanarie se besonderse donker kleur het ‘n spesiale vermelding ontang.

 

Die lede maak nou reg vir die nasionale skou wat op 11, 12 en 13 Julie in die Kaap aangebied word.
Vir meer besonderhede oor die Suikerbos Vaal Kanarieklub, skakel Frikkie by 072 581 5377.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button