News

Kyk uit vir verdagte!

Polisie op toneel in Jordaan Park

HERAUT joernaliste is tans op die toneel in Luiperdstraat, Jordaan Park waar ‘n vermeende oortreder oor die hek en muur van ‘n woning geklim het. Die vrou wat in die huis woon, was besig om wasgoed op te hang toe sy ‘n geraas by die hek gehoor het. Toe sy gaan kyk, het sy ‘n skraal swart man op haar muur betrap.

 

Sy het gegil en weggehardloop waarna die polisie ontbied is. Heidelberg SAPD-lede, GPF-lede en plaaslike sekuriteitsmaatskappe se personeel is op die toneel en fynkam die area vir die verdagte.

 
Lede van die publiek word gevra om op die uitkyk vir die verdagte in die omgewing te wees.  Hy word beskryf as ‘n skraal man van gemiddelde lengte, hy het  ‘n swart broek aan en ‘n swart oortrektop met wit skrif op voorkant. Die vrou ly aan erge skok en kan nie op die oomblik baie detail onthou nie.

 
Sou jy ‘n verdagte persoon in die omgewing sien, skakel onmiddelik die polisie sektorvoertuig by 071 675 7295 of 071 675 7292.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button