CrimeLocal newsNews

OPVOLG: Jordaanpark vrou deur verdagte man in erf verras

Verdagte nog op vrye voet.

‘n Jordaanpark inwoner van Luiperdstraat was vanoggend omstreeks 11:30 besig om wasgoed op te hang toe sy skielik ‘n verdagte man op die muur tussen haar en die bure opmerk.

 

“Ek het so groot geskrik en net begin gil. Daarna het ek kop gehou en in die huis gehardloop na die studeerkamer waar ek myself toegesluit het,” het die betraande vrou vertel.

 

Sy het om hulp geskakel en Heidelberg Polisie, sekuriteitswagte en GPF was vinnig op die toneel. Die verdagte het egter intussen verdwyn.

 

Die vrou beskryf die vermeende oortreder as ‘n skraal swart man met ‘n swart top (met gedruk voorop) en ‘n swart broek. Sy kon in die harwar nie duidelik uitmaak wat op die man se top gedruk was nie, maar sy het iets wits gesien.

 

Heidelberg Polisie vra die publiek om op die uitkyk te wees vir die verdagte. Skakel Sektor 2 se patrollievoertuie by 071 675 7295 of 071 675 7292 of Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/72 indien jy die verdagte opmerk of die polisie met inligting kan voorsien.

 

Volg ons op:

 

 

Related Articles

Back to top button