CrimeLocal newsNews

Bejaarde in huis aangeval.

Aanvaller kruip onder bejaarde (90) se bed weg

‘n Saak van huisbraak is deur die Heidelberg Polisie aangebring nadat ‘n 90-jarige man in sy huis in Jordaanstraat oorval en geroof is.

 

‘n Bejaarde inwoner het op 29 Junie rondom 13:00 in sy tuin gewerk en besluit om inkopies te gaan doen. Hy is in sy huis na sy kamer waar die verdagte vanonder sy bed geklim het en die inwoner se hout stapstok gebruik het om hom aan te val.

 

Die inwoner is oral oor sy lyf met die stapstok geslaan en ook deur die verdagte geskop. Die slagoffer het verskeie kneusplekke en swelling regoor sy liggaam en kop opgedoen.

 

Die verdagte het met ‘n HP fotostaatmasjien en kontant in die slagoffer se wit Volkswagen Golf (MTR 353 GP) weggekom.

 

Kapt Amanda Viljoen (Heidelberg Polisie Stasie bevelvoerder) vra aan die gemeenskap dat enigeiemand met informasie na vore sal kom deur die SAPD Crime Line by 08600 10111 te skakel. ‘n Sms kan ook na 32211 anoniem gestuur word. Alle informasie sal as hoogs vertroulik hanteer word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button