Nuwe voorsitter skop met soete demonstrasie af

Helena Naude is as die Protea-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde se nuwe voorsitter aangewys.

Die dames het op 8 Junie vergader en daar is toe aangekondig dat die waarnemende voorsitter Linda Nel nie met haar verpligtinge kan voortgaan nie. Die dames het eenparig op Helena as nuwe voorsitter besluit.

 
Helena was ook die demonstrateur van die oggend en sy het die dames geleer om ‘n diewekruid blom (Clematis Brachiata) te maak. Dié blomme het verskillende variëteite en kleure en word as rangskikkings op troukoeke gebruik.

 
Hoewel die blomblare fyn vingerwerk behels, het Helena die dames verseker dat dit nie ‘n moeilike taak is nie.

 
Die gilde het ook ‘n kindertak – die Heide-tak – wat elke tweede Vrydag van die maand om 14:00 by Crime Stop Sekuriteitsdienste se lapa vergader. Marnette Eva is in beheer van hierdie tak en alle kinders is welkom om aan te sluit. Vir meer besonderhede oor die volgende vergadering van die Heide-tak wat op 12 Julie plaasvind, kan Marnette by 076 861 9254 geskakel word.

 
Die Protea-tak se volgende vergadering is op 13 Julie om 09:00 by Crime Stop Sekukriteitsdienste se lapa. Vir meer besonderhede kan Aadila Jada by 082 262 1064  of Helena by 082 331 6383 geskakel word.

 

Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version