Local newsNews

Ondersoek in Nigel-boer se moord duur voort

Talle vrae ná Pretorius se moord steeds onbeantwoord

Alhoewel talle mediagroepe en lede van die publiek uiteenlopende uitlatings oor die moord van Johan Pretorius verlede Donderdagaand (20 Junie) op sosiale media gemaak het, weier die polisie om op hierdie stadium te bevestig of dit ‘n plaasaanval was.

 
Pretorius (44) is op 20 Junie ongeveer 19:00 op sy skoonpa Daan Wessels se plaas net buite Nigel oorval en vermoor. Kapt Johannes Kapt Ramphora, polisiewoordvoerder van Springs SAPD, het gesê dat Pretorius by die hek stilgehou het toe ‘n onbekende aantal aanvallers hom oorval en met ‘n piksteel aangerand het. Die piksteel is op die toneel gevind, het Kapt Kapt Ramphora bevestig.

 
Pretorius is klaarblyklik verskeie kere in die bolyf gekap en het vermoedelik probeer vlug voordat hy op die erf inmekaar gesak het, het Kapt Ramphora gesê.

 

“’n Voertuig (wat blyk Pretorius se bakkie te wees) is aan die brand gesteek. Bure het rook gesien en gaan ondersoek instel toe hulle Pretorius se lyk langs die voertuig gekry het,” het hy gesê.

 

Volgens Kapt Ramphora was Pretorius se onderlyf gebrand, wat aandui dat hy in die bakkie was toe dit aan die brand gesteek is. Pretorius se vrou Kobie en hul dogter (6) was in die huis tydens die voorval.

 

“In dié stadium lyk dit nie of enigiets gesteel is nie, niks word vermis nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord,” het Kapt Ramphora bygevoeg.

 

Deon Pretorius (eienaar) van Monitor 24-sekuriteit Nigel het gesê dat dié moord nie met die gewone aspekte van ‘n plaasaanval ooreenstem nie. Volgens Pretorius was daar bloed by die plaashek en die bakkie het nog gesmeul toe hy op die toneel gearriveer het.

 
Pretorius se vrou het vroër die aand haar pa (wat in ‘n ander huis op dieselfde plaas woon) gebel om te sê dat daar ‘n brand op die plaas is. Wessels het gery om te gaan kyk waar die veld brand en nie dadelik sy skoonseun se liggaam gesien nie. Eers toe Wessels water wou kry om die brand te blus, het hy op Pretorius se lyk afgekom.

 


Pretorius se bakkie is aan die brand gesteek. Sy lyk (wat brandwonde aan die onderlyf opgedoen het) is naby die bakkie gevind.

 

 

Niemand is in verband met die voorval aangekeer nie. Enige persoon met inligting oor die voorval word gevra om Kapt Ramphora by 079 694 6936 te skakel.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button