NewsSchools

Suikerbosrand se atlete wys hakskene

Atlete wat by Suikerbosrand Atletiekklub wil aansluit, kan Susan du Plessis by 076 403 1471 skakel.

Suikerbosrand Atletiekklub spog met sewe atlete wat gekies is om Atletiek Vaal Driehoek (AVD) tydens die Interprovinsiale Landloop Kampioenskappe te verteenwoordig.

 
Die AVD-atlete het aan die kampioenskappe wat deur Atletiek Mpumalanga by Kees Taljaard Stadion in Middelburg op 1 Junie aangebied is, deelgeneem.

 

Die seuns het soos volg presteer: Jean-Pear Delport (o/11) derdeplek, Johan Delport (o/14) vyfdeplek, Michael Doubell (o/14) 37ste plek en Ryan Henning (o/16) het in 28ste plek geëindig.

 

Die meisies het soos volg presteer: Gabriella Roos (o/11) 24ste plek, Deziree Joubert (o/11) 52ste plek en Wiepke Schoeman (o/13) het in vierdeplek geëindig.

 
Atlete wat by Suikerbosrand Atletiekklub wil aansluit, kan Susan du Plessis by 076 403 1471 skakel.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button