Local newsNews

Jongspan verras met honderde inskrywings

Heidelberg en Nigel se jongspan het geen moeite ontsien om hul prente pragtig in te kleur en te versier nie.

HERAUT het meer as 140 inskrywings vir ons Vadersdag inkleurkompetisie ontvang en dit het behoorlike kopkrap geverg om ons drie wenners in die onderskeie ouderdomsgroepe aan te wys. Heidelberg en Nigel se jongspan het geen moeite ontsien om hul prente pragtig in te kleur en te versier nie.

 
In die afdeling vir 5- en 6-jariges het Chloé Chisholm (5) gewen. Sy het ook ‘n geskenkbewys van Adenberg Restaurant ontvang waar sy haar pappa met ‘n lekker ete kan bederf.

 
R-Jay Stols (7) se helder en netjiese inkleurwerk het hom die wenner in die afdeling vir 7- en 8-jariges gemaak. Hy het weggestap met ‘n geskenkbewys wat deur Tree Stone Café geborg is.
In die laaste afdeling (8 tot 9 jaar) het Adam Jonker se inkleurprent al die aandag getrek. Die knapie het vir sy gesin ‘n geskenkbewys by The Culinary Express gewen.

 
HERAUT bedank ons borge wat vir ons drie wenners elkeen ‘n geskenkbewys ter waarde van R250 geborg het. Ons hoop ons wenners en hul gesinne kuier lekker by dié drie besighede – AdenBerg (081 882 7004), Tree Stone Café (060 972 3094) en The Culinary Express (087 110 1218).

 

Hier is die ander wenners:

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button