Local newsNews

Brits stof ander senior hengelaars uit

30 lede van Balfour Hengelklub het saam 196 vis met ‘n totale gewig van 136.478kg by Heartsease op 1 Junie aan wal gebring.

In die senior mans afdeling het Hennie Brits met sy vangs van 15 vis met ‘n gewig van 12.259kg gewen. Heine Terblanche is tweede met 11 vis (13.086kg) en Bennie Kriel derde met 13 vis (9.184kg).

 
Joané Nolte het in die dames-afdeling gewen met haar vangs van sewe vis met ‘n gewig van 4.619kg. Riette Dercksen is tweede met haar vangs van sewe vis (2.639kg) en Sonja Brits derde met ses vis van 2.864kg.

 

 

Hennie Brits wys een van die karps wat hy tydens die kompetisie by Heartsease gevang het.

Harald van der Merwe is eerste in die junior afdeling met sy vangs van nege vis met ‘n totale gewig van 5.371kg. In tweedeplek is Justin Walker met sewe vis (6.990kg). Pieter Taljaard het derde met ses vis van 5.247kg geëindig.
Die swaarste visse is deur die volgende hengelaars uitgetrek: Heine Terblanche (karp van 4.165kg), Johan Dames (graskarp van 0.814kg), Pieter Swanepoel (moddervis van 0.606kg), Hennie Brits (baber van 0.351kg) en Kallie Kriel (geelvis van 0.896kg).
Balfour Hengelklub se volgende kompetisie vind by Biermans op 6 Julie plaas. Persone wat daarin belangstel om by die hengelklub aan te sluit kan Lukas Scholtz by 084 757 6058 of Jaco van der Merwe by 082 323 6284 skakel.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button