Local newsNews

Gesin verloor alles in brand

Klere, komberse, skoene - skenkings benodig.

Adriaan (44) en Cindy (29) Venter word steeds in die intensiewesorg eenheid van ‘n Johannesburgse hospitaal behandel nadat hulle ernstige wonde opgedoen het toe hul huis in DF Malanstraat 93, Rensburg in die vroeë oggendure van 16 Junie begin brand het.

 

Cindy is by haar positiewe en kan rondbeweeg, maar Adriaan moes reeds verskeie operasies ondergaan om skade aan sy longe te probeer beperk.

 

Hul kinders Kayla (9) en Wian (5) was nie tuis toe die voorval gebeur het nie en word deur familie versorg.

 

Bure het omstreeks 03:00 van Cindy se hulpkrete wakkergeskrik. Verskeie gemeenskapslede het die egpaar te hulp gesnel en ‘n sekuriteitshek met geweld afgebreek om hulle te bevry. (Lees die volledige berig van al die helde en hoe hul steeds spook met die beelde van daardie aand in HERAUT van 26 Junie.)

 

Van die bure versorg tans die gesin se honde, maar die familie was bekommerd oor ‘n Jack Russell wat hulle nie kon opspoor nie. Die goeie nuus is dat die hondjie egter vanoggend (20 Junie) self by die huis opgedaag het.

 

 

Die gemeenskap se hulp word ingeroep om met huishoudelike benodigdhede, veral klere en komberse te help aangesien die gesin al hul besittings verloor het. ‘n Bankrekening is ook geopen om hulle met fondse te help. Skenkings kan by ‘n familielid by 101 Romynstraat of by Cindy se werk by Rassie Trailers in Walkerstraat 107 of by HERAUT se kantoor in Ueckermannstraat 9 afgelaai word. Kontantskenkings kan in die volgende rekening betaal word:  Venter Foundation, 1649057456, Capitec Bank. Vir meer besonderhede kan Liza by 079 847 5712 of Daleen by 074 917 1573 geskakel word.

 

Cindy het by monde van haar suster Liza Grove gesê dat sy oneindig dankbaar is vir almal wat hulle daardie aand te hulp gesnel het en ook vir die bystand en skenkings wat hulle tot op hede ontvang het.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button