Local newsNews

Klope loop weg met splinternuwe fiets in Eskort geluktrekking

Die trekking het op 6 Junie plaasgevind en Klope se opgewondenheid kon nie onderdruk word nie.

Menzi Klope was oorstelp van vreugde toe hy verlede week gehoor het dat hy ‘n fiets in Eskort Heidelberg se gelukstrekking gewen het.

 

Eskort het ‘n kompetisie vir sy klante aangebied waar persone wat  aankope vir R800 of meer gemaak het, en twee items van of Clover, Switch of Catercorp souse aangekoop het, vir die gelukkige trekking in aanmerking gekom het.

 

Die trekking het op 6 Junie plaasgevind en Klope se opgewondenheid kon nie onderdruk word nie.

 

“Mnr Klope is ‘n lojale klant van Eskort en koop maandeliks groot hoeveelhede produkte by ons.  Ek is baie bly dat hy die gelukkige wenner was,” het Pieter Strydom (kleinhandel bestuurder van Eskort) gesê.

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button