Local newsNewsSchools

Liga lewer kookwater-rugby deur Volkskool-spelers op

Laer Volkskool se rugby eerstespan, tweedespan asook die o/9-span het hul semi-finale wedstryde in die Eligwa-liga op 30 Mei in Sasolburg gewen

Laer Volkskool se rugby eerstespan, tweedespan asook die o/9-span het hul semi-finale wedstryde in die Eligwa-liga op 30 Mei in Sasolburg gewen en daarmee deurgedring na die finaal wat op 5 Junie in Vanderbijlpark gespeel is.

 
Die eerste- en tweedespan het as ligawenners uit die stryd getree. Die eerstespan het Laerskool Emfulenipark met 36-26 geklop en die tweedespan het met ‘n telling van 33-5 met Laerskool Fonteine afgereken. Die o/9-span het teen Laerskool Emfulenipark verloor en daarmee in algeheel tweedeplek geëindig.

 

Laer Volkskool se rugby eerstespan het as wenners van die Eligwa-liga uit die stryd getree. Hier is hulle by hul afrigters Mnre Lardus Badenhorst en Kobus Wandrag.

Mnre Lardus Badenhorst en Kobus Wandrag is afrigters van die eerstespan en Mnre Tiaan Viljoen, Morné Strydom en Dr Willem Sprong is afrigters van die tweedespan. Die o/9-span word afgerig deur Mnre Tewis van der Westhuizen en Stiaan van der Hyde.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button