Local newsNews

Nigel Rugbyklub maak klaar met Sasolburg

Nigel eerstes het Sasolburg Rugbyklub kafgedraf tydens die wedstryd wat op 8 Junie gespeel is.

Die rugbyspanne van Nigel Rugbyklub het die naweek by die John Vorster Stadion hul opponente geen genade gewys nie. Die onoorwonne eerstespan van Nigel het weermet ‘n eindtelling van 50-12 gewen.

 

Nigel eerstes het Sasolburg Rugbyklub kafgedraf tydens die wedstryd wat op 8 Junie gespeel is. Die puntemakers was Erik Ruthven (drie), Robert Botes (drie), Thunis Fourie (drie), Reon Bezuidenhout (twee drieë), Pierré Labuschagne (drie). Reon Bezuidenhout het vier drieë verdoel en Jason Koen het een drie verdoel. Reon Bezuidenhout is as man van die wedstryd aangewys.

 

Nigel eerstes het Sasolburg se eerstespan laat les opsê tydens die wedstryd by John Vorster Stadion. Die span het die wedstryd met ‘n eintelling van 50-12 gewen.

 

Nigel se tweedespan het Sasolburg se tweedes verpletter met ‘n eindtelling van 94-0. Nigel se manne het van die begin af die oorhand gehad. Niks of niemand kon in die pad staan tussen die span en die pale nie. Puntemakers was Wesley Heunis (drie), Ferdie Snyman (drie), Wimpie Raman (drie), Morné Viljoen (drie drieë), Kobus van Rooyen (twee drieë), Khotso Mafutsana (drie), Hansie Rudolph (drie), AJ Delport (drie), Micheal van Tonder (drie) en Lean Els (drie). Ockert Grobler het 11 drieë verdoel. Jacques de Beer is as man van die wedstryd aangewys.

 

Nigel se o/21-span het met 49-0 teen Sasolburg se o/21s verloor. Dit was ‘n harde spel en die spelers het hul beste gegee. Migial Fredricks is as man van die wedstryd aangewys.

 

Die spanne van Nigel Rugbyklub speel weer op 22 Junie teen Benoni Rugbyklub te Northern Sportsgronde in Benoni. Die o/21-spanne skop om 13:15 af, tweedespanne begin om 14:40 en die eerstespanne skop om 16:00 af. Vir verdere inligting kan Anita Celliers by 082 409 3603 geskakel word.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button