Laerskool Tini Vorster se o/9-span saam met afrigters Hennie Bierman en Jarico van Niekerk. Die o/9 -spelers wat na die Valkie semi-finale deurgedring het is Donovan Wagner, Christiaan van Rooyen, Marco Lotter, Armand Buitendach, Jayden Louw, Adriaan Brandt, Zuan Venter, Wian Supra, Henrico Parker, Jaco Voges, Wian Wessels, Corné Schmullian, Henré Dames, Jaundré Smut, Jayden Enslin, Christiaan Veldman, Thinus Erasmus, Reghan Schreiber, Tiaan Koekemoer, Divan Bernardo en Caleb Carols.
Drie van Laerskool Tini Vorster se rugbyspanne het na die Valkie semi-finale deurgedring nadat hulle die A2-liga gewen het. Die spanne is die o/9s wat deur Jarico van Niekerk en Hennie Bierman afgerig word, die o/10s wat in totaal 257 punte in hul ligawedstryde aangeteken het met slegs 22 punte teen hulle en wat deur Johnny Holm’ner afgerig word asook die o/11s wat deur Victor Kalp en Ramon Pepler afgerig word.