NewsSchools

Laerskool Tini Vorster se leerders presteer

Nigel Tini Vorster

Drie van Laerskool Tini Vorster se rugbyspanne het na die Valkie semi-finale deurgedring nadat hulle die A2-liga gewen het. Die spanne is die o/9s wat deur Jarico van Niekerk en Hennie Bierman afgerig word, die o/10s wat in totaal 257 punte in hul ligawedstryde aangeteken het met slegs 22 punte teen hulle en wat deur Johnny Holm’ner afgerig word asook die o/11s wat deur Victor Kalp en Ramon Pepler afgerig word.

 

 

Mnr Johnny Holm’ner hier by sy o/10-rugbyspan wat na die Valkie semi-finale deurgedring het. Hulle het 257 punte in totaal tydens hul ligawedstryde aangeteken met slegs 22 punte teen hulle. Die span bestaan uit Christivan Alberts, Ruhardt van Niekerk, Tristan Oberholzer, Ruan Bekker, Quinton Botha, Carsten Resandt, Zandré Olivier, Rikus Button, Damien de Wit, Connor Cannon, Dylan van der Walt, Viahn Joubert, Zander Potgieter, Jurie Bezuidenhout, Willem Henning, Reuben Blom, IW Lotter, Jacques Vermaak, WJ Lombaard, Altus Viljoen, Stefan Grobler, Flavio van Staden, Danté Gheza, Rikus Borman, Timothy Ndlovu, Janco Jansen van Rooyen, Ethan Else, Teagan Cronjé en Gideon van Niekerk.

 

Die o/11 rugbyspan word deur Johnny Holm’ner afgerig. Hulle is een van drie rugbyspanne wat na die Valke semi-finale deurgedring het. Die spelers is Edward Kies, Albert van der Westhuizen, Tyron Munro, Jaden de Witt, Dylan Alberts, Tristan Munro, Dandré Louw, Albie Botha, Ruben van Schaik, Linden Manuel, Zaino Hankan, Sidanio Jacobs, Ronaldo Botha, Shaun Grobler, Adriaan Forester, Mizanco Duvenhage, GP Brits, Nathan Storm, Raaien Fincham en Henrico Botha.

 

 

Adriaan Botha (Graad 6) van Laerskool Tini Vorster is in die Rhino Brakpan rugbyspan opgeneem. Hy gaan vanaf 3 tot 6 Julie aan die Rhinoweek in Vanderbijlpark deelneem. Na afloop van die week word ‘n toerspan na Wallis, Engeland en Skotland in Desember aangewys.

 

Drie van Laerskool Tini Vorster se leerders het tydens ‘n skaaktoernooi by Veritas College op 4 Mei gekwalifiseer om aan die Gauteng Geslote Skaaktoernooi deel te neem. Hulle is Leyla Smith, Chloé Simpson (albei Graad 5) en Mieke Wessels (Graad 7). Die toernooi het op 24 Mei in die Tshwane Events Centre te Pretoria plaasgevind.

 

Laerskool Tini Vorster se Iné Viljoen het na die finale ronde van die distrik se Graad 6 Natuurwetenskap en Tegnologie Olimpiade deurgedring. Die olimpiade vind op 24 Julie by Dalpark Onderwyssentrum plaas.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button