Local newsNewsSchools

Cravenweek-, Grant Khomo- en Valkespan sien Volkskool rugbyspelers se talente raak

Die finale proewe het op 21 Mei teen die Leeus plaasgevind, waarna die seuns tot die amptelike spanne verkies is.

Hoër Volkskool het verskeie rugbyspelers wat in Cravenweek-, Grant Khomo- (o/16A) en Valkespanne opgeneem is.
Die finale proewe het op 21 Mei teen die Leeus plaasgevind, waarna die seuns tot die amptelike spanne verkies is.

 


Frederick Malgas van Hoër Volkskool is in die Cravenweek-span opgeneem.

Hier volg die name van spelers en die spanne waarvoor hulle gekies is: Frederick Malgas (Cravenweek), Richard Muller en JJ du Plessis (Valke o/17), Wian Wiersma (Valke o/18), Eduard Olivier, Sabelo Dlamini, Michael Pieterse en Dillan du Plessis (Grant Khomo o/16), Evan Boucher, Janco van Tonder, Ruan Claassens, Franco Strydom, Andro la Grange, Jaden Rossouw, DuRandt Frylinck, Armand Wessels en Divan van Niekerk (Valke-Suid o/16), Wian Haasbroek en Duncan van Zyl (Valke-Oos o/15) en AJ Engelbrecht en Ruduwaan Rogers (Valke-Oos o/14).

 

Franco Strydom is vir die Valke-Suid o/16-span gekies.

Die seuns het op 28 Mei by Hoërskool Hans Moore in Benoni teen die Limpopo Bulle uitgedraf.
Die uitslag was soos volg: o/16B Valke wen 24-0, o/16A Valke wen 26-15, o/19C Valke wen 36-14, o/18B Valke wen 31-24 en o/18A Valke wen 47-19.
Die o/16 Grant Khomoweek sal van 24 tot 28 Junie by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied  word. Die o/18 Cravenweek word van 1 tot 6 Julie by Grey College in Bloemfontein gehou.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button