MOTHs Suikerbosrand Shellhole verkies nuwe komitee

Die MOTHs nooi alle inwoners om aan die parade deel te neem en ‘n krans vir afgestorwe geliefdes te kom neerlê.

Die MOTHs van Suikerbosrand Shellhole het op 28 Mei hul algemene jaarvergadering gehou en ‘n nuwe komitee verkies. Die Salmon van As parade wat op 23 Junie plaasvind, is ook bespreek.

 
Salmon van As is op 23 Junie 1902 teen die agterste muur van die Ou Tronk deur ‘n vuurpeloton tereggestel. Ná afloop van die Anglo-Boere Oorlog was die Van As-gesin vergoeding aangebied vir die onregverdige verhoor, maar hulle het dit van die hand gewys.

 
Die MOTHs nooi alle inwoners om aan die parade deel te neem en ‘n krans vir afgestorwe geliefdes te kom neerlê. Alle Kommando lede (huidig en veterane) word ook genooi om die dag saam met die MOTHs te herdenk, asook om by die Heidelberg MOTHs aan te sluit.

 
Begeleide toere deur die geskiedkundige gebou word ook aangebied aan diegene wat graag die Ou Tronk wil besoek en meer van die geskiedenis wil leer. Die venue kan ook vir spesiale geleenthede bespreek word.

 
Die MOTHs se volgende vergadering is op 18 Junie by die Ou Tronk. Vir navrae of besprekings kan Este Galloway by 082 550 1787 of Evert Pistorius by 082 462 3894 geskakel word.

 

Volg ons op:
Exit mobile version