Local newsNews

Heidelberg Rugbyklub kom nie die mas op nie

Dit was ‘n harde wedstryd.

Heidelberg Rugbyklub het op 1 Junie teen die span van Edenvale te Hoërskool JW Luckhoff se sportgronde gespeel, maar kon nie daarin slaag om hul opponente te klop nie. Dit was ‘n harde wedstryd. Heidelberg het hard baklei maar die span van Edenvale het hulle die heeltyd gestuit. Die eindtelling was 22-14 in Edenvale se guns.

 
Heidelberg Rugbyklub se damesspan het teen VUT se dames gespeel en ook ‘n harde wedstryd gehad. Die dames se eindtelling was 17-5 in VUT se guns.

 
Heidelberg se manne sal op 8 Junie teen Oos-Rand Polisie op Oos-Rand se tuisveld in Benoni te staan kom. Vir navrae kan Sean Greyling (voorsitter) by 083 611 2581 geskakel word.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button