Local newsNews

Basson naaste aan die teiken

‘n Sonnige, windstil dag het die 27 skuts begroet en die baan is soos altyd meesterlik in die digte bos uitgelê.

Machiel Basson was die algehele wenner van die Mildots-klub van die SA veldteiken skietvereniging (SA Field Target Airgun Association) se skietdag op 1 Junie buite Heidelberg.

 
‘n Sonnige, windstil dag het die 27 skuts begroet en die baan is soos altyd meesterlik in die digte bos uitgelê.

 
Dit was egter nie ‘n maklike oorwinning vir Basson (met ‘n telling van 47) nie. Heinri Brink en Keith Tiquin het dieselfde telling behaal en ‘n uitskiet moes gehou word om te bepaal wie as die wenner gekroon sou word.

 

 

Heidelberger Lynn Strydom van die Mildots-klub stel haar geweer in tydens die skietdag wat buite Heidelberg aangebied is.

Heidelbergers Gerhard en Lynn Strydom was kort op hul hakke met tellings van 45 en 43 onderskeidelik.

 
Mildots se volgende skietdag sal op 29 Junie gehou word. Indien jy belangstel om by die klub aan te sluit, skakel Lynn by 060 550 6447.

 

Volg ons op:

 

 

Related Articles

Back to top button