Vlytige VLU-lede verower toekennings

Rensburg VLU het met ‘n totaal van 2 341 punte die algehele tweedeplek by die Goue Suidestreek se konferensie wat op 8 en 9 Maart in Alberton plaasgevind het, verower.

Rensburg VLU  het met ‘n totaal van 2 341 punte die algehele tweedeplek by die Goue Suidestreek se konferensie wat op 8 en 9 Maart in Alberton plaasgevind het, verower.

 
AnneMarie du Plessis het met 78% in die persiese borduurwerk afdeling gewen. Sy het ook eersteplek in die breiwerk afdeling (80% met haar sjaal) en landbou afdeling (80% vir haar kaktus tuin) verower.

 
Trudie Potgieter het ook ‘n eersteplek in die masjienwerk afdeling ingepalm toe sy 77% vir haar somerbaadjie behaal het. Trudie het ook die hekelwerk afdeling (78% vir haar Mochila sak) en die gebottelde afdeling (82% vir haar vrugteslaai) gewen.

 
Elmarie Eygelaar het eersteplek in die handvlyt afdeling (72% vir haar memorandum bord) ontvang. Sy was ook eerste in die gebak afdeling met haar malva lekkers (69%) asook mikrogolf afdeling met haar malva poeding (79%).

 
Bets Grobler (voorsitter) het eersteplek in die fotografie afdeling (78% met haar foto van ‘n plaaspad) asook die prosa afdeling (71% met haar stuk ‘Toe bars ek in trane uit’) verdien. Babsie Knoesen het met haar blommerangskikking ‘Jolyt in die Maanlig’ in die beginnersafdeling (80%) gewen.

 
Dames wat tweedeplekke verower het is: Trudie Potgieter, AnneMarie du Plessis, Elma du Plessis, Thea Jordaan, Bets Grobler, Hester Ludik en Elmarie Eygelaar.

 
Rensburg VLU se volgende vergadering is om 14:00 op 11 Junie by die Gereformeerde Kerksaal in Begemanstraat 7 (ingang in Pretoriusstraat). Vir meer besonderhede kan Thea Jordaan by 066 213 8947 geskakel word.

 

 

Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version