Potgieter as Rensburg VLU se bobaas-lid gekroon

Trudie Potgieter was met ‘n groottotaal van 1 356 punte as algehele wenner van Rensburg VLU se takprysuitdeling aangewys. Dames is vir hul harde werk die afgelope 12 maande beloon. Elma du Plessis was tweede met 1 089 punte en Stien Venter derde met 873 punte. Trudie het die naaldwerk-trofee gewen met Thea Jordaan in tweedeplek en AnneMarie du Plessis in derdeplek. Bets Grobler (voorsitter) en Elma du Plessis het die trofee in die fotografie afdeling gedeel met Trudie in tweedeplek en Thea in derdeplek. Elmarie Eygelaar het in die gebottel en gebak afdeling gewen met Elma tweede en Stien derde. In die kuns en kultuur afdeling het Thea weer met die trofee weggestap met Heilie van den Berg in tweedeplek en Elma en Elmarie wat derdeplek gedeel het. Elma het die landbou afdeling verower met Bets in tweedeplek en AnneMarie in derdeplek. In die ope afdeling het AnneMarie gewen met Trudie in tweedeplek en Stien in derdeplek. Elmarie het die blomme afdeling ingepalm met Trudie in tweedeplek en Heilie in derdeplek. Rensburg VLU se volgende vergadering is op 11 Junie om 14:00 by die Gereformeerde Kerk in Begemanstraat (ingang Pretoriusstraat). Vir meer besonderhede kan Thea by 066 213 8947 geskakel word.

Trudie Potgieter was met ‘n groottotaal van 1 356 punte as algehele wenner van Rensburg VLU se takprysuitdeling aangewys.

 
Dames is vir hul harde werk die afgelope 12 maande beloon. Elma du Plessis was tweede met 1 089 punte en Stien Venter derde met 873 punte.Trudie het die naaldwerk-trofee gewen met Thea Jordaan in tweedeplek en AnneMarie du Plessis in derdeplek.

 
Bets Grobler (voorsitter) en Elma du Plessis het die trofee in die fotografie afdeling gedeel met Trudie in tweedeplek en Thea in derdeplek. Elmarie Eygelaar het in die gebottel en gebak afdeling gewen met Elma tweede en Stien derde.

 
In die kuns en kultuur afdeling het Thea weer met die trofee weggestap met Heilie van den Berg in tweedeplek en Elma en Elmarie wat derdeplek gedeel het.Elma het die landbou afdeling verower met Bets in tweedeplek en AnneMarie in derdeplek.

 
In die ope afdeling het AnneMarie gewen met Trudie in tweedeplek en Stien in derdeplek. Elmarie het die blomme afdeling ingepalm met Trudie in tweedeplek en Heilie in derdeplek.

 
Rensburg VLU se volgende vergadering is op 11 Junie om 14:00 by die Gereformeerde Kerk in Begemanstraat (ingang Pretoriusstraat). Vir meer besonderhede kan Thea by 066 213 8947 geskakel word.

 

Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version