News

Strydom maak Crime Stop trots

Anton Strydom (29), senior tegnikus van Crime Stop Sekuriteitsdienste het met die tweedeprys in die jaarlikse SAIDSA Techman kompetisie weggestap.

SAIDSA (South African Intruder Detection Services Association) het die kompetisie vanjaar tydens Securex South Africa wat van 14 tot 16 Mei in Johannesburg aangebied is, gehou. Securex is een van die belangrikste handelskoue vir kommersiële sekuriteit- en brandvoorkomingsdienste.

 
Strydom is ‘n ou hand wat vyf jaar gelede toe die kompetisie vir die eerste keer aangebied is, deelgeneem het. Hy het in 2016 as wenner van die kompetisie uit die stryd getree. Daarna het hy (in 2017) ‘n derdeplek verower (saam met nog twee tegnici van Crime Stop) en sedert verlede jaar in die tweedeplek ingeskuif.

 
SAIDSA se Techman kompetisie is uitsluitlik vir SAIDSA goedgekeurde tegnici en slegs praktiserende personeel (geen bestuurslede nie) mag deelneem.

 

Anton Strydom (senior tegnikus) van Crime Stop Sekuriteitsdienste het tweedeplek in die SAIDSA Techman kompetisie gewen.

 
Deelnemers moes praktiese installering doen en is op die volgende kriteria beoordeel: gebruik van korrekte kabels, installasie netheid van kabels en die aanwending daarvan, installering binne ‘n beperkte tydsduur, veiligheidsbeginsels, installering volgens opleidingmetodes, beplanning asook die uitlê van die kabel en korrekte aanleg na die kontrole paneel en aanbring van kabelmerkers.

 
Strydom het 11 jaar gelede as jong man by Crime Stop Sekuriteitsdienste aangesluit en is hier as tegnikus opgelei.

 
Hoewel hy al ‘n ou hand in die kompetisie is, was hy tog op sy senuwees omdat die kompetisie jaarliks al hoe sterker word. Hy het egter (met die drie ure tot sy beskikking) hom goed van sy taak gekwyt.

 

“Dit beteken baie om erkenning van dié aard te kry en te weet dat Crime Stop se tegnici met die beste in die land kan kers vashou,” het Strydom gesê.

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button