Plaaslike verpleegster onder top 100 groot verpleegsters

Everson is een van Life Health Care Group se Groot 100 Verpleegsters vir 2019

Lid van Life Suikerbosrand Hospitaal se verpleegspan Karin Everson glo daar is meer aan dié beroep as om net siekes te versorg. Sr Everson is op 14 Mei by Jackal Creek Golf Estate in Randburg tot die Top 100 Verpleegsters van Life Healthcare Group regoor Suid-Afrika gekies.

 

“Dit is ‘n groot eer en voorreg om as ‘n top-verpleegster aangewys te word. Dit laat jou besef dat alledaagse take en prioriteite die moeite werd is wanneer dit ‘n verskil in iemand se lewe maak,” het Sr Everson gese. Sy het gesê haar werk stel haar in staat om daagliks mense se lewens aan te raak.

 

Sedert 2011 hou Life Healthcare hul Groot 100 Verpleegstersviering om die top 100 verpleegkundiges te vereer wat ‘n beduidende verskil in die beroep van verpleegkunde en in die lewens van pasiënte, eweknieë, studente en die gemeenskap gemaak het.

 
Hierdie verpleegkundiges verteenwoordig alle Life Healthcare-hospitale, Life Esidimeni en Life Occupational Health. Kollegas, lynbestuurders, dokters en nie-verpleegpersoneel nomineer verpleegkundiges op grond van die professionaliteit, medelydende versorging, kliniese bevoegdheid en leierskapseienskappe.

 

“Sr Everson beskik oor al die kenmerkende kwaliteite en nog meer. Dit is waarom ons haar vir die uitnemende prestasie genomineer het,” vertel Matrone Anna-Marie Lengton.

 

Tot op datum is 600 verpleegkundiges as Groot 100 wenners aangewys. Die verpleegkundiges is ambassadeurs en rolmodelle vir Life Healthcare en die beroep in die algemeen.

 

 

Volg ons op:
Exit mobile version