MunicipalNews

Ekurhuleni-metroraad se begroting nie so rooskleurig

Die voorgestelde tariefverhogings gaan elke inwoners se sak negatief raak.

Die begroting van die Ekurhuleni-metroraad lyk miskien belowend omdat daar gefokus word op werkskepping, ekonomiese groei en beleggings, maar die geskiedenis het geleer die implementering en uitvoering van die planne is problematies.

 

Die VF Plus kan nie die begroting goedkeur nie aangesien talle ander kwessies en probleme later gedurende die aangepaste begroting reggestel moet word. Die begroting behoort só saamgestel te word dat minimale aanpassings nodig is.

 

Die voorgestelde tariefverhogings gaan elke inwoners se sak negatief raak. Die VF Plus verstaan verhogings word voorgeskryf en is noodsaaklik, maar dit moenie buitensporig wees nie.

 

Die party sal ook wil sien dat bejaardes wat vir afslag kwalifiseer, dienooreenkomstig ingelig word. Te min bejaardes maak van die geleentheid gebruik en is waarskynlik nie bewus van die toegewing nie.

 

Die Ekurhuleni-metroraad bestee hopeloos te veel geld aan die stad se meesterplan-ontwikkeling van ‘n ‘aerotropolis’ oftewel lughawestad. Daar het nog nie veel ekonomiese ontwikkeling in dié verband plaasgevind nie.

 

Dienslewering is van kardinale belang en daarom kan die VF Plus nie genoeg klem lê op hierdie aspek wat elke inwoner van Ekurhuleni se nege dorpe en talle informele nedersetting elke dag raak nie.

 

Dit is belangrik dat toelaes wat deur die provinsiale en nasionale regering ontvang word, deur die raad aangewend word om elke inwoner se lewensgehalte te verbeter. Indien hierdie fondse nie gebruik word nie, word dit doodeenvoudig aan ander munisipaliteite toegeken.

 

Die VF Plus sal aanhou om sy waghond-funksie uit te voer om sodoende seker te maak die begroting is tot voordeel van elke inwoner van die stad.

 

 

Kontaknommer: 072 217 1951

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button