Local newsNews

Nigel se eerstes sit hul segetog voort

Nigel Rugbyklub het geen genade aan die span van Vaal Universiteit van Tegnologie getoon nie en hulle met ‘n nederlaag van 55-0 huis toe gestuur.

Nigel Rugbyklub het geen genade aan die span van Vaal Universiteit van Tegnologie getoon nie en hulle met ‘n nederlaag van 55-0 huis toe gestuur. Die kragmeting het op 18 Mei by die John Vorster Stadion plaasgevind.

 

Nigel se eerstespan het van die afskop af die oorhand gehad en die wedstryd met gemak gewen. Puntemakers was Schalk O’Callaghan (een drie), Johan Kruger (twee drieë), Reon Bezuidenhout (twee drieë), Etienne Booysen (een drie), Jarico van Niekerk (een drie), John Holmner (twee drieë),  Reon Bezuidenhout het drie drieë verdoel en Jason Koen het twee drieë verdoel. Robert Botes is as man van die wedstryd aangewys.

 
Nigel se o/21-span het ook teen VUT se o/21-span gespeel. Alhoewel die o/21s met 45-19 verloor het, het hulle hul beste tydens die wedstryd gegee. Puntemakers was Junate Dinjana (een drie), Layden Scheepers (een drie), Michael van Tonder (een drie) en Gerhard Bezuidenhout het twee drieë verdoel. Michael van Tonder is as man van die wedstryd aangewys.

 
Nigel Rugbyklub se volgende wedstryde word op 25 Mei in Kempton Park teen Meyerton Rugbyklub gespeel. Die o/21-span begin 12:00 speel, die tweedespan begin 14:00 speel en die eerstes skop 16:00 af. Vir meer inligting kan Anita Celliers by 082 409 3603 geskakel word.

 

 

 

Volg ons op:

 

 

Related Articles

Back to top button