Local newsNews

Heidelberg Rugbyklub se eerstes knak uiteindelik hul opponente in vuurwarm stryd

Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het die afgelope naweek uiteindelik die punte-droogte gebreek toe hulle hul eerste oorwinning in vanjaar se Kestrel0liga bereik het.

Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het die afgelope naweek uiteindelik die punte-droogte gebreek toe hulle hul eerste oorwinning in vanjaar se Kestrel0liga bereik het. Heidelberg se manne het die span van Delmas op 18 Mei met ‘n eindtelling van 21-5 huiswaarts gestuur.

 
Delmas se span het in die eerste vyf minute ‘n drie aangeteken en verdoel om die telling 5-0 te maak. Jason van Jaarsveld het daarin geslaag om drie punte op die telbord vir Heidelberg met ‘n strafskop te sit en die telling op 5-3 gebring. Heidelberg het weer die kans gekry om aan te lê pale toe en Van Jaarsveld het weer daarin slaag om die bal tussen die pale deur te jaag en die puntetelling na 6-5 in Heidelberg se guns te bring.

 
Dit was ‘n harde wedstryd en Heidelberg het op alle verdedigingspunte terugbaklei. Die manne van Delmas het nie genoeg energie en krag vir die span van Heidelberg gehad nie. Met Heidelberg se goeie verdediging het die span van Delmas swaar getrek met beserings.

 
Heidelberg het met gemak daarin geslaag om drie drieë te druk. Die punte is deur PJ du Toit (skrumskakel) met een drie en Christiaan Smal (agtsteman) met twee drieë aangeteken. Na ‘n harde wedstryd het Heidelberg Rugbyklub die wedstryd 21-5 gewen.

 
Heidelberg Rugbyklub se vrouespan het ook die naweek aan ‘n rugbytoernooi (wat gestrek het oor 18 en 19 Mei) deelgeneem. Saterdag het hulle teen die span van Tembisa te staan gekom en met ‘n oorwinning van 28-0 weggestap. Sondag het hulle ‘n baie harde wedstryd teen die Jaguars gespeel waar die Jaguars daarin geslaag het om Heidelberg met 10-5 te klop. Heidelbergspan se punte is deur Helen Underhay aangeteken. Die vrouespan speel eers weer die naweek van 1 Junie teen Vosloorus vrouespan by Hoërskool JW Luckhoff se sportvelde om 14:30.

 
Heidelberg Rugbyklub nooi alle belangstellende spelers uit om by die dames vir oefening op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 18:00 tot 20:00 en die senior mans 18:00 tot 20:00 Dinsdae en Donderdae aan te sluit. Heidelberg Rugbyklub se juniorspan groei ook mooi en hulle oefen op Maandae en Woensdae vanaf 18:00.

 
Heidelberg Rugbyklub se eerstespan speel op 25 Mei teen die span van Daveyton Rugbyklub op die veld van Gekombineerde Skool Noorderlig in Benoni om 15:30.Vir verdere inligting en navrae kan Sean Greyling (voorsitter) by 083 611 2581 geskakel word.

 

 

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button