NewsSchools

Vissies verwelkom waarnemende hoof

Hy het in 1988 as jong onderwyser by die skool begin en dis hier waar hy sy vrou Magda ontmoet het. Twee kinders is uit die huwelik gebore.

Mnr Leo Ehlers sal die leisels by Laerskool AG Visser saam met ‘n bekwame bestuurspan vasvat tot tyd en wyl ‘n permanente hoof aangestel word.

 
Die skool is voorwaar in goeie hande, want ‘n meer lojale Vissie kry jy nie maklik nie. Mnr Ehlers is sedert die afhandeling van sy studies (aan die Universiteit van Potchefstroom) werksaam by Laerskool AG Visser. Hy het die afgelope 20 jaar die pos van adjunkhoof bekleë.

 
Hy het in 1988 as jong onderwyser by die skool begin en dis hier waar hy sy vrou Magda ontmoet het. Twee kinders is uit die huwelik gebore.

 
Mnr Ehlers sê dat die skool, leerders en gemeenskap dadelik in sy hart gekruip het en dat hy nooit die begeerte gehad het om na ‘n ander skool te skuif nie.

 
Hy was vir jare die Graad 6 Afrikaans- en Wiskunde onderwyser. Hy het ook op ‘n stadium vir die Graad 4s klas gegee.

 

“Ek gee nou klas vir kinders wie se ouers ook leerders van my was en dit is vir my ‘n groot eer,” het Mnr Ehlers gesê.

 

Die pos as waarnemende hoof is ‘n groot uitdaging (hy gee steeds klas ook), maar met fyn beplanning en jare se ondervinding kan die uitdagings oorbrug word.

 
Mnr Ehlers sê hy sien uit na die aanstelling van ‘n nuwe hoof en dink nuwe bloed en nuwe idees sal ‘n goeie inspuiting vir die skool wees.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button