Local newsNews

Karatekas slaag moordende graderings

Ander karatekas van Sensei Bernard se onderskeie klubs het ook op 30 April aan die eerste graderings in 2019 deelgeneem en nie minder nie as 127 karatekas het graderings gedoen.

Alhoewel drie karatekas van Sensei Bernard Karateklubs reeds in Oktober 2018 met bloed en sweet vir hul internasionale swartgordels gekwalifiseer het, is dit nou amptelik nadat hulle hul sertifikate uit Japan ontvang het.

 
Karen Raubenheimer (derde dan), Estian Cronje (eerste dan) en Ivan Lombard (eerste dan) moes moordende graderings deur Shihan Ueki (10de dan) en Sensei Okuma (sesde dan) suksesvol voltooi om hul graderings te slaag.

 
Ander karatekas van Sensei Bernard se onderskeie klubs het ook op 30 April aan die eerste graderings in 2019 deelgeneem en nie minder nie as 127 karatekas het graderings gedoen. Sensei Bernard sê dat hy beïndruk is met die hoë standaard en gehalte van die karatekas se tegnieke tydens die graderings.

 
Phillipi Venter en Pieter Roets is nou kliphard besig met voorbereiding vir hul onderskeie nasionale swartgordel graderings wat op 18 Mei vanjaar te Wanderers gaan plaasvind. Phillipi gaan poog om sy derde dan te verwerf, terwyl Pieter vir sy eerste dan mik.

 
Die SAJKA Nasionale Kampioenskappe vind ook binnekort in die Ellispark Binnenshuise Arena plaas en 49 plaaslike karatekas gaan hier saam met meer as 3 000 ander deelnemers sake oor twee dae uitspook. Die top vier karatekas in elke afdeling sal nasionale kleure verwerf.

 
Sensei Bernard, wat dojo’s in Heidelberg, Nigel en Balfour bestuur, se klubs groei elke jaar en ledetal het reeds die 150-kerf bereik. Heidelberg se klub oefen Dinsdae en Donderdae by Hoër Volkskool, Nigel se karatekas oefen Maandae en Woensdae in Kenmekaar Dienssentrum se saal en die Balfour karatekas oefen op Maandae en Woensdae by die Balfourse hoërskool. Die  4- tot 6-jariges word as ‘Dinkies’ afgerig.

 
Vir meer inligting oor die karateklubs, skakel Sensei Bernard by 083 489 8231.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button