Local newsNews

Skoenmaker dalk binnekort sonder werk

Dit is bekend dat dames van die VLU se hande vir niks verkeerd staan nie. Selfs die maak van skoene was kinderspeletjies tydens ‘n werkswinkel op 4 Mei wat deur Goeiehoop VLU aangebied is.

Myra Booysen van Vanderbijlpark het die werkswinkel aangebied en lede van Heidelberg, Deneysville en Frankfort geleer om enige tipe skoeisel te maak. Die dames het die skoene gehekel, waarna dit op gekoopte sole aangebring word.

 


Lizette Pretorius en Carol du Plessis van Goeiehoop VLU wys hier die pragtige gehekelde skoene wat hulle tydens ‘n werkswinkel geleer maak het.

 
Goeiehoop VLU vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 16:00 by verskillende lede se huise. Die volgende vergadering sal op 13 Junie om 15:00 gehou word. Indien jy belangstel om aan te sluit, kan Carol du Plessis by 083 233 9624 geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button