News

Bespreek nou vir Junie se kattebak-verkoping

Die getal uitstallers het pragtig gegroei sedert die eerste kattebak verkope.

Daar was ‘n verskeidenheid produkte uitgestal soos SAVF Heidelberg se tweedehandse kleretafel en daar was ook vetplante en skilderye te koop. Besoekers kan ook worsrolletjies, hamburgers en pannekoeke geniet.

 

HERAUT het op 4 Mei hul tweede suksesvolle kattebak verkoping by die Ou Tronk in Jordaanstraat gehou. Die publiek het die lekker sonnige dag saam met hul gesinne geniet terwyl hulle deur verskeie stalletjies kon snuffel.

 
Die getal uitstallers het pragtig gegroei sedert die eerste kattebak verkope. Daar was ‘n verskeidenheid produkte uitgestal soos SAVF Heidelberg se tweedehandse kleretafel en daar was ook vetplante en skilderye te koop. Besoekers kan ook worsrolletjies, hamburgers en pannekoeke geniet.

 

 

HERAUT se tweede kattebak verkoping was suksesvol, want die uitstallers het pragtig gegroei sedert die eerste verkoping. Mense het hul tweedehandse goedere teen goeie pryse verkoop vir ekstra geld in die beursies.

 

HERAUT se volgende kattebak verkoping vind op 8 Junie by die Ou Tronk in Jordaanstraat plaas. Die verkoping sal vanaf 08:30 tot 13:30 plaasvind en toegang vir besoekers is gratis.

 

 

Maritha Cronje het tuisgemaakte konfyt by HERAUT se tweede kattebak verkoping aangebied. HERAUT se volgende kattebak verkope sal op 8 Junie by die Ou Tronk gehou word. Bespreek nou jou stalletje by Anet (016 341 6373/4).

 

Bring jou oorbodige tweedehandse- en nuwe produkte en verkoop dit by die volgende kattebak verkoping om ‘n ekstra geldjie te verdien. Stalletjies vir persone met tuisgebak; vars groente; hout (reg vir die winterkaggels); kunsvlyt en biltong en droëwors is nog beskikbaar.

 

 
Kostes beloop slegs R100 per stalletjie. Vir meer inligting kan Anet by 016 341 6373 geskakel word.

 

Volg ons op:

Related Articles

Back to top button